Martin Auer: Die Vreemde Oorlog, Stories vir 'n Kultuur van Vrede |
|
![]() |
|
Die DromerPlease share if you want to help to promote peace! Vertaling deur Santa BothaThis translation has not yet been reviewed |
|
Bücher und CDs von Martin Auer![]() In meinem Haus in meinem Kopf Gedichte für Kinder ![]() Die Prinzessin mit dem Bart ![]() ![]() Was die alte Maiasaura erzählt ![]() Die Erbsenprinzessin ![]() Der wunderbare Zauberer von Oz - Hörbuch zum Download ![]() Die Jagd nach dem Zauberstab, Roman für Kinder - Hörbuch zum Download ![]() Geschichten über Krieg und Frieden ![]() Zum Mars und zurück - Lieder ![]() ![]() Lieschen Radieschen und andere komische Geschichten - CD |
Eendag was daar 'n man wat baie drome gehad het. Hy het byvoorbeeld geglo dat daar 'n manier moes wees om 10 000 kilometer ver na dinge te kon kyk. Of daar moes 'n manier wees om sop met 'n vurk te kon eet. Hy het gedink dat daar 'n manier moes wees vir mense om op hulle koppe te kon staan en hy was oortuig daarvan dat daar 'n manier moes wees vir mense om sonder vrees te lewe. Mense het vir hom gesê: " Niks van hierdie dinge kan gedoen word nie; jy is 'n dromer!" En daarby: "Dis tyd dat jy jou oë oopmaak en die werklikheid aanvaar!" Of die volgende: "Is jy bewus daarvan dat daar natuurwette is en dat jy dit nie net sommer kan gaan staan en verander nie?" Maar die man het net gesê: "Ek weet nie....daar moet 'n manier wees om onder water te kan asemhaal. En daar moet 'n manier wees om vir almal iets te gee om te eet. Daar moet 'n manier wees om vir almal te laat onderrig in die dinge waarin hulle belangstel. Daar moet 'n manier wees om binne-in jou eie maag te kan kyk." En weer het die mense gesê: "Jy sal jouself moet regruk, meneer; daardie dinge sal nooit gebeur nie. Jy kan mos nie sommer net sê dat jy iets wil hê en dan verwag dat dit dadelik moet gebeur nie. Die wêreld is nie gemaak om so te werk nie, en dis maar hoe dit is!" Toe televisie en x-straal-masjiene uitgevind is, kon die man 16 000 kilometer ver sien en is hy ook in staat gestel om binne-in sy eie maag te kon kyk. Maar niemand het vir hom gesê: "Nou maar goed, dit lyk of jy toe nie so ver verkeerd was op die ou end nie." En hulle het niks te sê gehad toe duikpakke ontwerp is wat mense makliker onder die water laat asemhaal het nie. Maar die man het vir homself gesê: "Dit was nes ek gedink het. Dalk sal dit selfs eendag moontlik wees om met mekaar oor die weg te kom sonder om oorlog te maak." Author's commentsThis site has content self published by registered users. If you notice anything that looks like spam or abuse, please contact the author. |